Site icon Accidents.co.za | Discussion, Prevention, Investigation and Response

67 000ha en meer as 2 000 diere in Suid-Vrystaat brande vernietig

Volgens die voorlopige data wat tot dusver ontvang is, is meer as 67 000 ha weiveld en duisende diere tydens die verwoestende brand wat Maandag 12 Julie in die suidelike Vrystaat voorgekom het, vernietig.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het die organisasie ‘n aanlyn-opname onder boere wat deur die brande geraak is gedoen. Wilken sê dat daar tot gister (15 Julie) nog boere besig was om opvlam-brande te bestry en ander wat vandag nog gewonde diere gedokter en dooie diere weggegooi het, wat dus nog nie die kans gehad het om die opname te voltooi nie.

Sommige boere het ook nie ‘n selfoonsein nie, aangesien die brande infrastruktuur vernietig het. Uit die gegewens wat tot dusver van die 63 respondente ontvang is, is die volgende inligting beskikbaar:
– 67 000 ha veld is vernietig
– 2 017 beeste is dood
– 1 953 skape is dood
– 415 wild is dood
– R2,7 miljoen se geskatte strukturele skade

VL meld met dankbaarheid dat daar geen menslike sterftes of ernstige beserings was nie.

Wilken noem dat die onmiddellike behoeftes soos aangedui deur die betrokke boere meestal vir vetinêre voorrade, watervoorsiening, voer- en voeraanvullings vir die oorlewende diere is totdat die boere alternatiewe planne kan maak om die winter uit te sien en die weiding van die nuwe seisoen hergroei het.

Voorbeelde van behoeftes in volgorde van onmiddellike prioriteit is:
– Finansiële skenkings om diesel te finansier om voer en voorrade wat reeds geskenk is, te vervoer- Voer donasies
– Dieremedisyne (wondsproei, antibiotika, ens.)
– Diesel
– Waterpype en -toebehore
– Omheiningsmateriaal

Wilken noem ook dat die boere aan die voorpunt van die brande hul dank uitgespreek het oor al die boere en hul plaaswerkers wat van heinde en verre gekom het om deur die nag te help werk, asook die Mangaung Sambreelbrandbeskermings assosiasie (MUFPA) ) en die Working on Fire-spanne wat hulle ontplooi het, wat beheer geneem het oor die onstuitbare wegholbrande in die uiters sterk en wisselvallige windtoestande.

Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, sê dat alhoewel die brand saamgeval hetmet die aanvang van die plundering in KZN en Gauteng, daar geen bewyse is dat hierdiebrande deur brandstigters veroorsaak is nie.

Armour sê dat Vrystaat Landbou gekontak kan word vir kontakbesonderhede van dieboerevereniging verteenwoordigers en koördineerders vir voerhulp by verskillendestrategiese aflaaipunte.

Enigiemand wat die betrokke boere wil bystaan, kan dit doen deur VL se webwerf te besoekby https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund
Alternatiewelik kan finansiële bydraes gemaak word aan Vrystaat Landbou, ABSA, rekeningnr: 470940670, tak: 632005 met verwysing “BRANDE” + selnommer.

Exit mobile version